MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se e-sportspan, bekend as PHS Orcas, sal onlangs na Gauteng vertrek om deel te neem aan Comic Con Africa.
Die konvensie vind plaas van 26 tot 29 September, by die Johannesburg Expo Centre.
'n Bekende plaaslike busdiens het ses buskaartjies vir die span vanaf Mosselbaai na Johannesburg geborg.
Die E-Sportspan bestaan uit vier lede: TG Potgieter (graad 12), Michael Roberts (graad 12), Zander Potgieter (graad 9) en die spanbestuurder, Shuan Benade (graad 11).
E-sport, wat bestaan uit aanlyn speletjies teen ander spanne, is nuut aan Hoërskool Punt, en is oorspronklik deur meneer Lance van Niekerk begin.
Talita Louw, die hoof van e-sport, sê toe dié sport die eerste keer aan die skool bekend gestel is, was baie aanvanklik skepties. Maar Van Niekerk het aanhou druk, en dit gebring tot waar dit vandag is.
Hierdie is die eerste keer dat 'n span van Hoërskool Punt na Comic Con Africa se Online Gaming-eindstryd deurgedring het.
Louw sê daar is net vier aanlyn spanne wat aan Comic Con Africa deelneem, insluitend Hoërskool Punt.
Louw en Van Niekerk is ongelooflik trots op die span. Wat dit veral besonders maak, is dat dit een van die laaste geleenthede vir die twee matriek leerlinge sal wees om aan so 'n toernooi deel te neem,
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’