MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se redenaars was onlangs bedrywig en het uitstekende uitslae in die Radikale Redenaars-kompetisie behaal.
As gevolg van Covid-19, kon die Radikale Redenaars nie voortgaan soos gewoonlik nie, dus het dit aanlyn plaasgevind.
Afrikaans Moedertaal (voorbereid):
Cozette Pretorius, Mariné Botha, Carla Smit en Janika Pretorius: Almal A+.
Individuele Eksperimentele-afdeling:
Uys Keyser en Fanie Keyser: Beide A.
Punt het ook twee spanne ingeskryf:
Span 1: Fanie Keyser, Reece Meyer, Zehani Lodewyk en Roelindi Pretorius: A+
Span 2: Uys Keyser, Kayla Esselen, Mariné Botha en Stephanie Muller: A
Carla Smit, Cozette Pretorius, Janika Pretorius, Mariné Botha, Fanie Keyser en Uys Keyser.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'