Hierdie nuus is met groot gejuig ontvang, toe mnr JA Bester, skoolhoof van Hoërskool Punt, dit presies om 12:00 op Dinsdag, 7 Januarie, aan die Matrieks van 2013 oorgedra het.
Hoërskool Punt het tweede beste gevaar in die distrik, kort op die hakke van Hoërskool Outeniqua in George. Hulle spog met 20 leerders wat slaag met 'n A-gemiddelde en 39 met 'n B-gemiddelde.
In die groep is daar een leerder met agt A's; ses leerders met sewe A's; drie leerders met ses A's; sewe leerders met vyf A's en 13 leerders met vier onderskeidings.
Die top 20 Matrieks het almal 'n gemiddelde A-simbool behaal. Hulle is:
Linda Cronje (90.3%-gemiddeld en ses A's); Johan Müller (89.4% en sewe A's); Ilke du Plessis (88.7% en sewe A's); Emile de Bruyn (88.6% en sewe A's); Werner Theron (88.1% en agt A's); Chris Crafford (88% en sewe A's); Suené Nel (87.4% en sewe A's); Aniéka Muller (86.7% en sewe A's); Braam Herbst (85.9% en ses A's); Sarelle Marais (85.6% en ses A's); Louis Malan (85.1% en vier A's); Neo Tsabalala (84.3% en vier A's); Nicole Mienie (82.7% en vyf A's); Sean Downing (82% en vyf A's); Wessel Steyn (81.4% en vier A's); Maseeha Essack (81.1% en vier A's); Juan Robbertse (81% en vier A's); Meghan Janse v Rensburg (80.6% en vyf A's); Chanté Heiberg (80.1% en vier A's) en Karina Nicolaisen (80% en vyf A's).
Raad vir die klas van 2014
Linda Cronjé is Hoërskool Punt se top Matrikulant vir 2013. Sy spog met ses onderskeidings en kry 'n perfekte 100% vir haar gunstelingvak, Rekeningkunde.
Haar loopbaankeuse was dus glad nie moeilik nie - sy beplan om 'n geoktrooieerde rekenmeester te word deur aan die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer.
Haar raad aan hierdie jaar se Matrieks is: "Werk hard en geniet dit! Mens is net een maal in Matriek, dan's dit verby."
Punt se tweede beste Matrikulant is Johan Müller, wat sewe A's op sy Matrieksertifikaat het, plus 'n ongelooflike 99% vir Rekeningkunde.
Hy is vol lof vir sy Rekeningkunde onderwyser, asook sy Wiskunde onnie (vir hierdie vak het hy 93% gekry), maar sy eintlike belangstelling lê in elektriese ingenieurswese, wat hy hierdie jaar in Stellebosch gaan swot.
Johan wens hierdie jaar se Matrieks sterkte toe met die nuwe kurrikulum. "Werk vraestelle uit en werk hard!" glimlag hy.
Ilke du Plessis is baie ingenome met haar top drie posisie en sewe onderskeidings. Die nooi stel ook baie belang in syfers en spog met 'n 99% in Rekeningkunde. Haar droom is ook om 'n geoktrooieerde rekenmeester te word en sy is ook op pad na Stellenbosch om hierdie droom te gaan navolg.
Haar resep vir akademiese sukses?
"Every single day, revise, revise, revise! Question papers are key!"
Hier is Hoërskool Punt se top 10 Matriek-leerders.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'