MOSSELBAAI NUUS - Hierdie maand het 12 Hoërskool Punt-leerders na Port Elizabeth vertrek om aan die 53ste nasionale ATKV Tienertoneelkompetisie deel te neem.
Punt moes teen baie sterk skole kompeteer en het uitstekend presteer.
Megan Botha en Marina Barnard het bronstoekennings vir toneelspel ontvang en me W Delport ontvang ook brons vir kostuum en grimering, tydens die optrede van Kraai. Brons word toegeken aan tussen 65% en 75%.
Me Delport is ook die skrywer en regisseur van die stuk, Kraai.
Die groep het baie goeie terugvoer van die beoordelaars, Ira Blanckenberg en Albert Maritz, ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'