Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt het vanjaar sy eerste Oscar-aand aangebied.
Die proses het begin deur kriteria te bepaal en daarna het die gr 10- tot 12- leerders hulle medeleerders vir die onderskeie kategorieë genomineer.
Die tel van stemme vir die genomineerdes het baie tyd in beslag geneem en uiteindelik kon die top kandidate in elke kategorie aangewys word. Alle leerders van gr 8 tot gr 12 was by die stemmery betrokke.
Na afhandeling van die stemmery het die finale tel van stemme begin.
Die groot aand het op Donderdag, 17 Mei in die skoolsaal plaasgevind. Tydens die aand het Punt se ATKV-Tienertoneelgroep die gehoor met 'n voorsmakie van hul produksies bederf.
Daarna het die groot gewag op 'n einde gekom en die aankondiging van die wenners het begin.
Oscar-aand pret. Bo: Bianca de Swardt, Reece Taljaard en Christie Smit. Middel: Altus Lourens.Onder: Armando Wienand en Frikkie Potgieter.
And the Oscar goes to ...
- Mej Bene: Christie Smit
- Mr Muscles: Reece Taljaard
- Mnr Kuite: Armand Wienand
- Mej Snoepie: Anika Otto
- Mnr Snoepie: Lwazi Mpato
- Bib-wurm van die jaar: Altus Lourens
- Culture Vulture of the year: Marina Barnard
- Selfie King: Joshua Hermanus
- Selfie Queen: Karlien de Wet
- Cellphone addict: Karlien de Wet
- "Pliggie" van die jaar: Bianca de Swardt
- Sexiest smile (meisie): Nadine Wandrag
- Sexiest smile (seun): Joshua Hermanus
- Vinkel en Koljander (BFF): Alison en Alexis O'Reilly
- Person most likely to become President of SA: Lwazi Mpato
- Soccer star: Yaseen Alexander
- Google koning(in): Zinanda Geyer
- Miss Sunshine: Minette van Zyl
- Coolest dude: Joshua Hermanus
- Couple most likely to get married: Lwazi Mpato en Amy Corkill
- Mej Persoonlikheid: Zelmari Wessels
- Mnr Persoonlikheid: Frikkie Potgieter
- Gorrie van die jaar (gr 8): Wian Hough
- Makriel van die jaar (gr 9): Jayde Hermanus
- Dolfyn van die jaar (gr 10): Minette van Zyl
- Marlyn van die jaar (gr 11): Wally le Roux
- Haai van die jaar (gr 12): Frikkie Potgieter
- Vis van die jaar: Mnr Pieterse
"Baie geluk aan elkeen van die wenners sowel as almal wat genomineer is."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'