MOSSELBAAI NUUS - Aan die begin van 2020 was die personeel van Hoërskool Punt gereed om weer die tweejaarlikse personeel-melodrama op die planke te bring.
Covid-19 het egter ook hierdie projek gekelder.
Hulle het besef dat hulle vindingryk sal moet dink om hierdie fondsinsamelingsprojek te red.
Na deeglike beplanning het hulle besluit om wel die gewone melodrama aan te bied, maar op ‘n “ander” manier. Die idee van musiekvideos wat in die vorm van ‘n outydse fliek vertoon word, was die oplossing.
Die video / fliek skakel aanlyn sal later verskaf word.
Aangesien toerisme op Mosselbaai erg onder die Covid-19-pandemie deurgeloop, het Punt as skool besluit om ook hulle deel te doen om die dorp te bemark.
Die personeel het die video-opnames by plaaslike besighede, Hartenbos Seefront en die ATKV-Hartenbos gedoen sodat dit ook aan die dorp se besighede en instansies blootstelling kan gee.
"Dit is vir Hoërskool Punt baie belangrik om by die plaaslike gemeenskap betrokke te wees. Toerisme is ‘n groot inkomste vir die dorp en almal moet mekaar ondersteun om toeriste hierheen te lok," sê 'n woordvoerder van die skool.
Punt bedank al die besighede en instansies wat hulle toegelaat het om van hul fasiliteite gebruik te maak.
Marais Pelser, Adolf Gouws (skoolhoof), Robert Gerber en Darrell Otto by die landmerk-restaurant in Mosselbaai, Kaai 4.
Janine van der Merwe (Superwoman) op die Zipline.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'