Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt het hulle eeufees-interskole die afgelope naweek gevier met kleurvolle danse en aksievolle sportkragmetings teen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn.
Punt se skaak-, tennis-, gholf-, rugby- en netbal-eerstespanne het met goeie oorwinnings weggestap, terwyl die seunshokkie met 'n gelykop uitslag tevrede moes wees.
Tydens die opening van Punt se splinternuwe astroturf-hokkiebaan moes Punt se eerste meisies-hokkiespan ongelukkig die knie met 1-2 buig teen 'n sterkter Langenhoven Gimnasium-span.
FOTOGALERY: Eeufees-interskole
Punt bedank elke oud-leerder, ondersteuner, ouer en leerders wat 'n bydrae gelewer het tot die suksesvolle dag.
Uitslae:
Netbal:
- 18A: 44 - 30 (wen)
- 18B: 26 - 6 (wen)
- 18C: 19 - 5 (wen)
- 16A: 28 - 16 (wen)
- 16B: 37 - 9 (wen)
- 15A: 30 - 18 (wen)
- 15B: 29 - 15 (wen)
- 14A: 21 - 25 (verloor)
- 14B: 16 - 19 (verloor)
- 14C (PHS) teen 15C (PHS): 18 - 14
Punt wen die netbalbeker.
Rugby:
- O/14: 56 - 0 (wen)
- O/15: 29 - 31 (verloor)
- O/16: 13 - 10 (wen)
- Derdes: 7 - 21 (verloor)
- Tweeds: 19 - 3 (wen)
- Eerstes: 10 - 0 (wen)
Punt wen die rugbybeker.
Hokkie:
- O/14A meisies: 0 - 1 (verloor)
- O/14B meisies: 1 - 1 (gelykop)
- O/16A meisies: 1 - 2 (verloor)
- O/16B meisies: 1 - 0 (wen)
- O/19A meisies: 1 - 2 (verloor)
- O/19B meisies: 2 - 2 (gelykop)
- O/14A seuns: 0 - 2 (verloor)
- O/14B seuns teen Punt o/16B: 0-5 (verloor)
- O/16A seuns: 1 - 0 (gewen)
- O/16B seuns teen Punt o/14B: 5-0 (gewen)
- O/19A seuns: 1 - 1 (gelyk)
- O/19B seuns: 0 - 6 (verloor)
Langenhoven Gimnasium wen die meisies-hokkiebeker.
Punt en Langenhoven deel die seuns-hokkiebeker.
Foto's: Keith du Toit Photography
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'