Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Op Saterdag, diereliefhebbers van Mosselbaai op die parkeerterrein van die Bayside-winkelsentrum, Mosselbaai vir 'n protesaksie byeengekom.
Die protesaskie handel oor die behoud van wilde katte wat in die hawegebied rondbeweeg se lewens.
Die kwessie van die hawekatte het sedert einde 2021 kontroversie veroorsaak toe die voer van die katte stopgesit is. ‘n Besluit is ook deur tersaaklike owerhede geneem om die katte se getalle drasties te verminder.
Jonk en oud het aan die protesaksie deelgeneem en plakkate rondgewaai.
Motoriste wat verbygery het, het hulle steun aan die aksie toegesê deur op hulle toeters te druk.
VIDEO: Betogers staan by standpunt oor hawekatte
Lees meer in hierdie week se uitgawe van die Mossel bay Advertiser op Vrydag 25 Februarie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'