MOSSELBAAI NUUS - Jeugdag 2021 het vroegdag in Powertown saam met raadslid Annie J van Rensburg, Powertownbestuur en die gesinne van Powertown afgeskop toe met skoonmaakprojek begin is om 'n verskil in die gemeenskap te maak.
In samewerking van direkteur Elize Nel, hoof van die direktoraat gemeenskapsdienste en Charl Willemse en sy span, is grootmaatvullishouers om 08:00 afgelewer en herhaaldelik in die loop van die dag vervang.
Powertown se jeug het met oorgawe saamgewerk.
"As raadslid was Jeugdag weer eens die bewys dat ons mekaar kan ondersteun en omgee vir ons woongebiede. Ons jeug het hulle werklik onderskei deur met soveel geesdrif saam te werk," sê raadslid Annie.
Na die heerlike oggend van saamwerk het almal gesmul aan die lekker sop, vars broodjies, koek en lekkergoed om Jeugdag gepas af te sluit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'