Gallery Video
KLEIN BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - In Powertown by Klein-Brakrivier is meer as 50 kinders se harte verbly toe Kersvader daar opdaag met 'n presentjie vir elkeen. Daar was groot opgewondenheid toe Kersvader sy opwagting maak.
Pieter le Roux, wat as Kersvader opgetree het, het saam met raadslid Annatjie van Rensburg en haar helpers die dag vir die kinders moontlik gemaak.
Kersvader se slee het egter "gebreek" en Van Rensburg moes toe vinnig 'n plan maak om Kersvader by die ingang van Powertown met haar motor te gaan haal.
Kersvader is desondanks met 'n groot gejuig ontvang toe hy uiteindelik arriveer.
FOTOGALERY: Powertown se kinders verras met geskenke
Soos soet kinders het elkeen sy geskenkie ontvang en sommige het die geleentheid gekry om op Kersvader se skoot deur mamma of pappa afgeneem te word.
Daarna het elkeen 'n kolwyntjie en koeldrank gekry.
Hierdie inisiatief word jaarliks vir die kinders van Powertown gehou.
VIDEO: Kersvader verras Powertown se kinders met geskenke
Die groep kinders van Powertown wat Saterdag 11 Desember elkeen 'n geskenkie van Kersvader ontvang het. Foto: Jannie du Plessis
Drie van die inwonertjies van Powertown wys die pragtige verpakte geskenkies wat hulle van Kersvader gekry het. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'