MOSSELBAAI NUUS - Onder aanvoering van Icosa raadslid Dawid Kamfer, het ‘n regsverteenwoordiger van Lawyers for Human Rights gisteraand (Maandag 31 Julie) vergader met ‘n groep inwoners van Powertown wat weier om na Sonskynvallei te hervestig.
Die regsverteenwoordiger, Louise du Plessis, vergader vandag met verteenwoordigers van die Mosselbaai munisipaliteit oor onder meer klarigheid oor die verblyfreg vir die Powertown-inwoners.
Hierbenewens het Icosa die regsverteenwoordiger ook na ander probleemgevalle in Ruiterbos, Souwesia en Vleesbaai vergesel met die hoop dat die nie-regeringsorganisasie ook in hierdie gevalle kan bemiddel.
Gemeenskapsleier Colin Syfers vertel aan die Lawyers for Human Rights regsverteenwoordiger Louise du Plessis enkele redes waarom sommige Powertown-inwoners verkies om nie na Sonskynvallei te hervestig nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'