KLEIN-BRAKRIVIER NUUSFLITS - Minstens 200 inwoners van Powertown in Klein-Brakrivier het vanoggend betoog.
Inwoners is ongelukkig oor die hervestiging van Powertown-inwoners na Sonskynvallei.
Die Mosselbaai Munisipaliteit het met inwoners onderhandel om uit die gebied te trek omdat Powertown op 'n vloedvlakte geleë is.
'n Inwoner wat aan die optog deelgeneem het, het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat hulle nie wil trek nie.
Die persoon het ook gesê die munisipaliteit het na bewering nog nie die rommel van inwoners se huise wat afgebreek is uit Powertown verwyder nie.
Die optog het vreedsaam verloop.