Die gebou is geverf, ligte en kragproppe is geïnstalleer en die voormalige Kabouterland Kleuterskool het speelgoed geskenk. Die kleuters van Powertown het ook nou 'n sandput om in te baljaar en nuwe opvoedkundige speelgoed.
Die crèche is deur 'n inwoner van Powertown, Lena Williams, begin nadat sy besef het daar 'n behoef-te vir die plaaslike gemeenskap se kinders is. Die crèche is in 2014 geopen met agt kinders en een opvoeder. Vandag gaan 27 kinders daagliks skool by die crèche.
Volgens Hettie le Roux van die NG Kerk, is daar egter steeds kinders wat doelloos in Powertown ronddwaal, sonder stimulasie.
"Uitbreiding is noodsaaklik, ons benodig net 'n lokaal en bygaande personeel. Mosselbaai Care Centre het langs die crèche 'n naskool begin. Die spasie is baie klein en hulle kan slegs agt kinders akkommodeer. Daar is geen water in die kombuis aangelê nie. Die omhei-ning moet uitgebrei word sodat die naskool ook kan beveilig word," sê Hettie.
Die crèche wil graag daagliks 'n gebalanseerde maaltyd aan elke kind gee en is afhanklik van donasies. Kos word nog benodig vir Vrydae en alternatiewe Maandae. Indien jy kan help met skenkings, kontak Hettie by 082 891 4064.

Lenie Jansen, Irma de Wet, Etienne le Roux, Hettie le Roux, Antoinette Lavos, Maryna Brouers, Mainha Hendrick, Annemarie Basson. Voor: Louise Mouries en Lulu Scheepers.
ARTIKEL EN FOTO: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'