MOSSELBAAI NUUS - Drie gewapende mans het vanoggend om 07:00 die poskantoor op Groot-Brakrivier beroof. Polisiewoordvoerder, sersant Laurianne Botha, sê die verdagtes het die sekuriteitswag ingewag toe hy die poskantoor moes oopsluit.
Die sekuriteitswag is na bewering gedwing om die kluis oop te sluit waarna hy vasgebind is.
Die verdagtes het met 'n onbekende bedrag kontant in 'n wit Polo gevlug. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Foto's: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’