MOSSELBAAI NUUS - Die poskantoor op Danabaai is onlangs gesluit.
Die sluiting vind plaas kort na die aankondiging van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se uitvoerende hoof, Nomkhitha Mona, dat 130 takke binnekort gaan sluit.
Omdat baie van die poskantore op kleiner dorpe en in woongebiede teen 'n verlies bedryf is, is die besluit geneem om sekere poskantore landswyd te sluit.
Dit blyk egter of die posbusse steeds behoue sal bly, en dat slegs die instapdiens gesluit word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'