MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Langeberg K9 honde-eenheid het vroeër vanoggend flink opgetree toe hulle twee passasiers uit ‘n voertuig gered en die bestuurder daarvan na ‘n wilde jaagtog aangekeer het.
Volgens inligting was die lede onderweg van George na Mosselbaai toe hulle ‘n verdagte voertuig opmerk wat oor die pad na die middelman op die N2 swaai.
‘n Vrou het uit die bewegende voertuig gespring, asook ‘n ander passasier wat hulle na die polisievoertuig gewend het vir hulp. Die bestuurder het toe weggejaag teen ‘n hoë spoed en is agternagesit deur die polisie.
Die voertuig is eers naby Mosselbaai, in die omgewing van die Langeberg Mall en Shell Voorbaai deur die polisielede tot stilstand gedwing.
Die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem en is tans in aanhouding by die Da Gamaskop-polisiestasie.
Die twee passasiers is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'