Lede is bedank vir hul getroue diens gedurende 2013.
Die Da Gamaskop GPF, onder leiding van pastoor Matthew Moses, het in samewerking met verskeie instansies in die toerismebedryf, die geleentheid aangegryp om lede te motiveer en te bedank vir uitstekende dienste gelewer.
Die waarnemende Stasie-Bevelvoerder van die SAPD Da Gamaskop, lt-kol Sakhumzi Mbixo, het lede herinner dat samewerking en ondersteuning die sleutel tot volhoubare sukses is.
Hier is dit veral die verantwoordelikdheid van die GPF, toerisme en die besigheidssektor in die algemeen, asook die gemeenskap om die hand van die SAPD te sterk, sodat misdaad doeltreffend aangespreek kan word.
Lede is veral getrakteer deur die gasvryheid van Wendy Pace en haar personeel van Ponto Restaurant.
Kategorie-pryswenners is danky ruim borgskappe vanuit die toerismebedryf goed beloon. 'n Verdere 17 pryse is ook bewillig vir gelukstrekkings.
Die kategoriewenners vir 2013 is soos volg:
· Sigbare Polisiëring (Skofte) – konst Vian Hein
· Speurder – speurder konst Donovan Geswindt
· Sigbare Polisiëring (Ondersteuningsdienste) – adj Offisier Morné van der Heyde
· Ondersteuningsdienste – adj Offisier Stephnie Lerm
· Reservis – reservis konst Deon Booysen
· Beste Arrestasie – adj Offisier Noël Jacobs
· Sportvrou – Shireen Hendricks (netbal)
· Sportman – kapt Wollie Fourie (rolbal)
Die volgende lede van die SAPD Da Gamaskop is verlede week tydens 'n geselligheid vereer vir hulle pre-stasies in 2013. Voor: A/o Noël Jacobs, lt-kol Sakhumzi Mbixo, reservis-kst Deon Booysen, kapt Wollie Fourie, pastoor Matthew Moses (Da Gamaskop GPF-voorsitter), en agter: A/o Stephnie Lerm en Shireen Hendricks. Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'