MOSSELBAAI NUUSFLITS - Polisieduikers is tans op die toneel waar ‘n 9-jarige seun van Buisplaas duskant Mosselbaai gisteraand verdrink het.
Mosselbaai polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê die seun, Friedel Buys het gisteraand omstreeks 18:00 in ‘n rivierloop naby sy huis saam met vriende geswem en toe verdrink.
Koekemoer sê die kinders het aanvanklik niks oor die verdrinking gesê nie maar teen 21:00 gisteraand vir Buys se ouers vertel wat gebeur het.
Koekemoer sê die polisie hoop om Buys se liggaam gou te vind.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'