MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek verskeie sake van bedrog wat sedert die begin van die vakanseisoen aanhangig gemaak is.
Dit spruit uit verskeie voorvalle waartydens vakansiegangers in Mosselbaai en omgewing opgedaag het nadat hulle internetbesprekings en -betalings vir akkommodasie gedoen het, wat op ‘n bedrogspul uitgeloop het.
“Ons maan voornemende besoekers om nie goedsmoeds op aanlyn-advertensies te reageer en fondse oor te betaal nie.
"Maak seker van die fisieke adres en ander besonderhede aangaande die plek waar jy wil bespreek alvorens jy ‘n deposito betaal.
"Vra iemand wat jy ken en vertrou op die vakansieplek om namens jou navraag te doen.
"Beter nog, maak verkieslik gebruik van betroubare instansies wanneer jy vakansie-akkommodasie bespreek,” adviseer kapt Wollie Fourie, kommunikasiebeampte van die Da Gamaskop-polisie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'