GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het 'n waarskuwing aan inwoners uitgereik oor pille wat onlangs in pakkies tjips gevind is.
Pille is reeds in pakkies tjips gevind wat na bewering by spazawinkels op Wolwedans, Greenhaven en Friemersheim gekoop is. Die tjips is van verskillende handelsmerke.
Die polisie sê hulle is veral bekommerd oor jong kinders wat moontlik hierdie pakkies tjips kan koop.
Indien inwoners op nog pakkies afkom wat pille bevat, word hulle versoek om dit by die polisie aan te meld.
Dit is nie tans bekend watter tipe pille dit is nie. Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’