GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het inwoners weer eens gewaarsku ná insidente van bedrog weer begin kop uitsteek.
Talle inwoners was onlangs die teiken van 'n bedrogspul via SMS'e. Dié SMS'e laat dit blyk asof jy 'n pakkie het wat êrens by doeane vassit, en vra dat jy 'n klein bedrag via 'n skakel betaal sodat die pakkie by jou afgelewer kan word.
Wanneer jy dan egter op die skakel klik en die bedrag betaal, verdwyn daar skielik duisende rande uit jou rekening.
Verskeie selfone merk deesdae sulke boodskappe as "spam" deur 'n rooi uitroepteken daarby te voeg, maar dit gebeur nie noodwendig dadelik nie.
Die polisie waarsku veral mense wat dikwels aanlyn produkte bestel om bedag te wees op dié tipe SMS'e.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’