MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vra die gemeenskap se hulp om ‘n verkragter vas te trek.
Die polisie ondersoek ‘n klag van verkragting na ‘n 15-jarige meisie Sondagoggend omstreeks 01:30 in Mayixhalestraat, KwaNonqaba ‘n vreemde man verkrag is.
Volgens die ondersoekbeampte, sersant Soretha van Zyl, beweer die meisie sy was by ‘n partytjie toe ‘n man van ongeveer 18-jaar oud haar aan die oorkant van die pad op ‘n oop stuk grond verkrag het.
Die man is Xhosa-sprekend. Die polisie waarsku dat hy met ‘n mes gewapen was ten tye van die misdryf.
Enige iemand met inligting oor wie en waar hy is kan sersant Van Zyl skakel by 044 606 2851.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'