MOSSELBAAI NUUS - Ondersoekbeamptes van die Mosselbaai-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming, en seksuele misdrywe het op Saterdag, 14 April deur die nag na ‘n kind gesoek wat volgens die ma ontvoer is.
Teen Sondag het dit egter aan die lig gekom dat die ma na bewering onder die invloed van alkohol was toe sy glo aan ‘n kennis toestemming gegee het dat die 4-jarige meisie by haar kan oorslaap.
Die polisie het die kleuter in Asla Park opgespoor en sy is ongedeërd.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'