GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die George-hoofwegpatrollie het vanoggend, 17 April, 'n groot deurbraak gemaak in die stryd teen dwelms.
Twee verdagtes is in die Groot Brak-omgewing vasgetrek met sewe sakke Mandrax waarvan die straatwaarde R350 000 beloop.
Groot Brak se polisiewoordvoerder, sersant Lauriane Botha, sê die hoofwegpatrollie het inligting in die area opgevolg en 'n verdagte motor van die pad getrek.
Daar is beslag gelê op 7000 tablette.
Die mans sal in aanhouding bly tot hul eerste hofverskyning. Die mans word aangekla van besit van en handel in Mandrax tablette.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’