MOSSELBAAI NUUS - Lede van die KwaNonqaba-polisie en die Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe-eenheid (GKS) van die polisie, in samewerking met die WDC welsynsorganisasie het op 15 Augustus die Herbertsdale-kliniek besoek as deel van hul Vrouebemagtigingsprogram.
Benewens die geskenke van onder meer klere en heerlike sop, het Zaida Swart, die stigter van die WDC welsynsorganisasie, veral met die vroue gesels oor die waarde wat hulle toevoeg tot die samelewing.
Swart het die vroue aangemoedig om hulself te troetel en verskeie wenke is gedeel oor goeie gesondheid en versorging.
Die KwaNonqaba-polisie bedank al die rolspelers wat hierdie uitreikaksie 'n sukses gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'