MOSSELBAAI NUUS - Lede van die polisie se openbare orde-eenheid is vanoggend, op Maandag, 1 Augustus om ongeveer 08:00 na Olifantstraat in KwaNonqaba ontplooi nadat werkgewers van die Community Working Programme (CWP) die pad versper het en rommel gestrooi het.
Die polisie se kommunikasiebeampte, ao Kappie Kapp sê die werkgewers is na bewering ongelukkig oor kwessies wat tenders en kontrakte betref.
Die werkgewers het intussen die toneel verlaat maar volgens Kapp is strate in die gebied, en veral in Olifantstraat steeds vol rommel.
Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'