MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek ‘n saak van strafbare mansslag nadat ‘n vrou Sondagaand op die N2 oorkant Powertown, Klein-Brakrivier doodgery is.
Polisiewoordvoerder, Sersant Laurianne Botha sê die dertigjarige vrou het om 19:40 oor die pad gestap toe sy deur ‘n aankomende voertuig getref is.
Botha sê die slagoffer is op die toneel dood verklaar.
Sy sê die oorledene se identiteit sal bekend gemaak word sodra haar naasbestaandes haar liggaam uitgeken het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'