MOSSELBAAI NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie, buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye en die Mosselbaai brandweer en verkeer het Donderdag, 15 Desember 'n massarit gehou om inwoners en vakansiegangers bewus te maak van misdaad in die gebied met die begin van die feesseisoen.
Volgens die voorsitter van die Outeniqua Plaaswag, Dewald de Kock, is die massarit die hoogtepunt van 'n baie lang jaar se ure van patrollie-ry en verskeie misdaadoperasies.
"Die bewusmakingsveldtog is gedoen om besoekers aan die omgewing welkom te heet en te verseker dat hierdie gebied onder goeie veiligheidsbeheer is en dat misdaad nie die oorhand sal kry nie."
'n Totaal van 3 500 pamflette is aan plaaslike besighede en in woongebiede uitgedeel om die publiek meer paraat teen misdaad te maak. Die tema is "Veiligheid is almal se Verantwoordelikheid" met handige wenke hoe om misdaad te voorkom.
Kaptein Henzen, bevelvoerder van die Groot-Brakrivier-polisiestasie en ao Schutte gesels met die buurtwagte en sekuriteitsgroepe voor hulle op die konvooi vertrek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'