MOSSELBAAI NUUS - Op Vrydag, 28 Mei het buurtwaglede van Die Valley, asook Joe Slovo in samewerking met die Da Gamaskop-polisie pamflette in die gemeenskap uitgedeel met betrekking tot die gevare van dwelmmisbruik, huishoudelike geweld en dies meer.
"Ons bedank almal wat aan die veldtog deelgeneem het.
Dit is bejammeringswaardig dat ten spyte hiervan, daar gedurende verlede naweek juis 'n moord in ons bedieningsarea plaasgevind het wat die gevolg van huishoudelike geweld was," noem kapt Wollie Fourie, kommunikasiebeampte van die Da Gamaskop-polisie.
Buurtwaglede en die Da Gamaskop-polisie tydens 'n veldtog in die gemeenskap.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'