MOSSELBAAI NUUS - Saterdag het pluimbalklubs van Mosselbaai, George, Oudtshoorn en Stilbaai deelgeneem aan 'n toernooi wat deel uitgemaak het van die jaarlikse Mosselbaai Sportfees.
Pryswenners in die verskillende kategorieë was as volg:
Mans:
Llewellyn Potgieter (George) - goud; Ruard de Bruin (Kaapstad) - silwer; Koos Ellis (Stilbaai) - brons
Wessel van der Westhuizen (Mosselbaai) was die mansspeler van die dag.
Vroue:
Cindy van der Westhuizen (Mosselbaai) - goud; Elaine Stipp (Mosselbaai) - silwer; Rolina Lerm (Oudtshoorn) - brons; Cindy het ook die meeste punte in die vroue afdeling behaal.
Pluimbalspelers wat Saterdag is aksie was is agter: Llewellyn Potgieter (George), Riaan Maog (Stilbaai), Hanlie Alberts (Mosselbaai), Koos Ellis (Stilbaai), Ruard de Bruin (Kaapstad), Daleen de Bruin (George) Wessel van der Westhuizen (Mosselbaai), Cindy van der Westhuizen (Mosselbaai), Attie Henning (Mosselbaai), Elaine Stipp (Mosselbaai) en Gerda de la Geurra (Mosselbaai). Voor: Rolina Lerm (Oudtshoorn) en Gert de Bruin (George).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'