‘n Deel van die prys wat Mosselbaai losgeslaan het as wenner van die 2017 Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie is ‘n dorpsmakietie. ‘n Groep raakvatters het vandag onder leiding van die direkteur van korporatiewe dienste, mnr Edward Jantjies, by die munisipaliteit vergader om planne te beraam om hierdie ‘n fees sonder gelyke te maak.
