MOSSELBAAI NUUS - 'n Visserman van Mosselbaai, Whitley Plato (28), is Maandagmiddag in 'n grusame ongeluk op die Portunity vissersboot oorlede.
Volgens Roger Jansen, oom van die oorledene, het Plato glo verstrengel geraak in die drom waarin die kabels is, wat die vissersnet uit die water trek. Die ongeluk het in die Plettenbergbaai-gebied gebeur.
Die Portunity het eers Dinsdagoggend in die middernagtelike ure by die Mosselbaai-hawe aangekom waarna 'n forensiese span met hul ondersoek begin het.
Die Portunity is deel van die Viking Fishing Group in Mosselbaai. n Woordvoerder het gesê hulle het op dié stadium geen kommentaar nie, weens die sensitiewe aard van die polisie-ondersoek.
Whitley was sedert 16-jarige ouderdom, 'n visserman. Hy word oorleef deur sy moeder, Ulene Plato, tweelingsussies, Faith en Hope (15) en sy pa, Willem Buis.
Van die bemanningslede wat tydens die ongeluk saam met die oorledene op die boot was, het Dinsdag besoek by sy familie afgelê. Hulle is erg getraumatiseerd deur die gebeure.
Die polisie se seegrenseenheid is besig met 'n ondersoek na die voorval.
Whitley Plato, saam met sy ma, Ulene en tweelingsussies, Faith en Hope.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'