MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers kan gerus regskuif vir 'n volgepakte program met plaaslike talent hierdie naweek vermaak uit die boonste rakke tydens die Diasfees sal opdis.
Diegene wat spesifiek belangstel om die plaaslike kunstenaars te sien optree, kan gerus die munisipale facebookblad besoek vir die detail van die al die kunstenaars wat sal optrede.
Toegang
Toegang en al die verhoogoptredes is gratis en bied vermaak van formaat.
Oudergewoonte is die verhoogprogram gelaai met heelwat grootnaamkunstenaars wat nasionale en selfs internasionale erkenning geniet. Mense soos Arno Jordaan, ADAM, Snotkop en Andriette gaan gewis vertonings sonder weerga lewer.
Dit is egter plaaslike kunstenaars soos Antoinette Snyders, Gevanté October, Duran Jooste, Tanya Storm en Onblusbaar, om maar enkeles te noem, wat 'n sterk Mosselbaai-karakter aan die fees gaan verleen.
Daarbenewens word ook vir die kultuurgoed eie aan inwoners, soos die rieldansers en volkspele voorsiening gemaak terwyl internasionale kunsgroepe uit die buiteland hierby gaan aanvul.
Sien die volledige program op bladsy 17 van vandag se Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'