Hulle was deel van die dag se program wat oor poppespel, poësie en drama gehandel het. Die program het ingesluit 'n onderhoud met Miné van Schalkwyk van Sterland Studio, twee studente wat deelgeneem het aan 'n skadu-poppespel en die regiseur van die program het drie studente uitgekies om hul monoloë op televisie op te voer. Al die studente kon ook hul familie en vriende tuis groet op nasionale televisie.
Tydens die twee-uurlange repetisie voor die lewendige uitsending, moes almal gou aanpas by die tempo waarteen televisiewerk gedoen word.
Die aanbieders vir die dag, Ayanda en Lesego, het die studente gou op hul gemak laat voel en sommer die studente die belangrikheid van improvisasie geleer.
Na afloop van hierdie opwindende ervaring maak hierdie studente nou reg om Woensdag na Johannesburg te vertrek vir hul deelname aan die nasionale ronde van Talent Africa. Met 'n televisieverskyning agter die rug en 'n besoek aan Kunstekaap om die musiekblyspel, 'Sound of Music' te kyk, is elke student se passie vir toneelspel van voor af aangevuur.

Sterland Studio se studente en prinsipaal, Miné van Schalkwyk, saam met die Hectic Nine-9 aanbieders, Ayanda en Lesego na afloop van die program waaraan hulle verlede week in Kaapstad deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'