MOSSELBAAI NUUS - 'n Suksesvolle borskankerbewusmakingstap, Shades of Pienk, is op 17 Oktober deur Kansa in samewerking met die Langeberg Mall in Mosselbaai vir die derde agtereenvolgende jaar aangebied. Ongeveer 120 persone, uitgedos in pienk, het die 5km-pretstap aangedurf.
Dit was ‘n prettige en ontspanne atmosfeer en die deelnemers het geniet om deel hiervan te wees.
Anina Meiring streekskoördineerder vir dienslewering van Kansa het alle borskanker oorwinnaars voor die stap vorentoe geroep en aan hulle eer betoon. Sy het ook ‘n kort borskankerbewusmakings boodskap aan die stappers oorgedra en hulle gemaan om maandeliks self borsondersoeke te doen.
Elke stapper is aan die einde van die 5km beloon met ‘n glasie Powerade en ‘n lapelwapen met ‘n slagspreuk daarop.
Die borskankerbewusmakingstap is een van Kansa se streeksprojekte om geld in te samel vir kankerbewusmakingsprojekte in die Suid-Kaap/Karoo. Op 6 November bied Kansa ook in Groot Brak by Laerskool Vorentoe se sportgronde ‘n borskankerbewusmaking stap aan.
Almal word genooi om deel te neem en Kansa koppel die tema Prams, pedals and paws aan die stap in Groot Brak.
Die gemeenskap word aangemoedig om ook iets pienk te dra vir die borskankerbewusmaking.
Inskrywings sal op die dag vanaf 17:00 gedoen word en die stap sal amptelik om 18:00 begin.
Stappers het hul prettig uitgedos in pienk om aan die borskankerbewusmakingstap deel te neem.
Elke stapper is aan die einde van die 5km beloon met ‘n glasie Powerade en ‘n lapelwapen met ‘n slagspreuk daarop.
Dit was ‘n prettige en ontspanne atmosfeer en die deelnemers het geniet om deel hiervan te wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'