MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Kunstevereniging bied op Donderdag, 2 Februarie die Look of Love-vertoning by die Dias Museum aan.
Ons eie "Diva van die Suid- en Wes-Kaap", Petronel Baard ook bekend as die Langvrou, bied 'n vertoning aan waar sy haar eie komposisies gaan sing in kontras of aanvullend tot dié van Jazz ikoon, Diana Krall se bekendste liedere.
Petronel gesels met die gehoor aan die hand van digters oor elkeen se besonderse bydrae in die lewe.
Met 'n ligte klassieke aanslag, bied sy en haar orkes, bekende musiek soos Fly me to the moon, Don't go changing, Andrew Lloyd Weber en Streisand invloede op Baard, in tydlose styl, aan. Selfs effe tong in die kies, soos net die Langvrou kan.
Franco Engelbrecht op klavier, Johan Engelbrecht op viool en Lelané van der Merwe op tjello verskaf die musikale begeleiding vir die vertoning.
Kaartjies vir die vertoning is R130 vir lede van die kunstevereniging en R150 vir nie-lede. Deure open 18:00 met die vertoning wat 19:00 begin. Besprekings is noodsaaklik en kan gedoen word by 064 963 9962.
Petronel Baard, ook bekend as die "Diva van die Suid- en Wes-Kaap" sing van Diana Krall se musiek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'