MOSSELBAAI NUUS - Die plaaslike forum vir persone met gestremdheid het onlangs vergader.
Tydens die byeekoms het verteenwoordigers van verskeie groepe met hulle unieke gestremdhede hul insette gelewer rakende hul behoeftes en uitdagings wat ervaar word.
'n Datum waarop hulle programme sal voorlê en uitdagings sal identifiseer, wat in 'n omvattende strategie vervat sal word, sal binnekort bekend wees.
"Dit is egter vir ons van kardinale belang dat ons gemeenskap wat met gestremdhede saamleef, met ons sal kontak maak sodat ons ook hul insette kan kry om die werklike behoeftes en leemtes te kan bepaal," verduidelik Alma Kapp van die Mosselbaai-munisipaliteit se kantoor vir sake rakende geslag, MIV/VIGS, gestremdheid en bejaardes.
Vir meer inligting, kontak Alma Kapp (044 606 5251 of 079 691 7708). Stuur e-pos na akapp@mosselbay.gov.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'