MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sal die vakansieseisoen van onder meer perde gebruik maak om strande te patrolleer.
Voorsitter, Leon van Dyk sê die perde sal tot 5 Januarie elke Saterdag vanaf 10:00 tot 14:00 op die strande sigbaar wees.
'n Karavaan by De Bakke op Mosselbaai sal as kontakpunt tussen die GPF-lede, polisiebeamptes en die gemeenskap dien.
"Die perde sal die gebied vanaf Power Station tot by Blue Waters bokant die strande patrolleer.
Volgens Van Dyk sal hulle van minstens ses perde gebruik maak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'