MOSSELBAAI NUUS - Daar is geen rede tot kommer oor pensioenbydraes, sê Mosselbaai-munisipaliteit.
Dit volg ná 'n verklaring deur die EFF wat beweer die munisipaliteit het vir meer as 200 maande nie sy bydraes aan die Suid-Afrikaanse plaaslike-owerheid-pensioenfonds (SALAPF) betaal nie.
Mosselbaai is een van 172 munisipaliteite wat deel vorm van 'n verslag deur die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) uitgereik.
Al hierdie munisipaliteit het na bewering vir etlike maande reeds nie hul pensioen bydraes aan SALAPF betaal nie.
Die Mosselbaai-munisipaliteit sê egter die waarheid van die saak is dat SALAPF reeds in 2011 'n dagvaarding aan George-munisipaliteit uitgereik het as gevolg van beweerde agterstallige bydraes. Kort daarna het Mosselbaai en ander munisipaliteite ook dagvaardings gekry.
Ná die hooggeregshof in George se guns bevind het, het SALAPF in 2016 regsstappe teen Mosselbaai teruggetrek, sê die munisipaliteit. Volgens die munisipaliteit was die beslissing in George se guns omdat SALAPF nie kon bewys dat die korrekte prosedure gevolg is met tariefverhogings nie.
Mosselbaai-munisipaliteit ontvang sedertdien herhaaldelik briewe van aanmaning om agterstallige bydraes te betaal.
Gegrond op die hofuitspraak betwis die munisiplaiteit die beweerde agterstallinge bydraes asook die styging in bydraes.
Die munisipaliteit sê sy bydraes, soos voorheen per kontrak ooreengekom met SALAPF, is tans op datum.
SALAPF en die FSCA is vir kommentaar genader. Dit sal bygvoeg word sodra dit ontvang is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’