MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se strande wemel reeds van vakansiegangers wat die prag somerweer geniet.
In ‘n poging om misdaad te voorkom, veral op brandpunte soos die Diasstrand-omgewing, word groter sigbaarheid gehandhaaf deur middel van patrollies.
Hier is ao Craig Desmore van die Da Gamaskop-polisie saam met ‘n strandgangers van Gauteng.
Rapporteer enige verdagte aktiwiteite in hierdie gebied aan die Da Gamaskop-polisiestasie (044 606 2200).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'