MOSSELBAAI NUUS - ‘n Hoofpastoor van ‘n kerk in Mosselbaai bly in aanhouding op ‘n aanklagte van verkragting en sal weer op 27 Oktober in die Mosselbaai-landdroshof vir ‘n formele borgtogaansoek verskyn.
Die 60-jarige verdagte is op Woensdag, 12 Oktober in hegtenis geneem en staar vier aanklagte in die gesig.
Die aanklagte spruit uit beweerde voorvalle in 2021 waartydens ‘n 20-jarige vrou op verskeie geleenthede, onder meer by die kerk in Mosselbaai, na bewering deur die pastoor verkrag is.
Die naam van die verdagte mag nie bekend gemaak word tot hy gepleit het nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'