MOSSELBAAI NUUS - Die Azamara Pursuit het Maandag, 5 Februarie, om 11:00 vanaf Durban in Mosselbaai aangekom. Sy het op 3 Februarie 22:00 uit Durban vertrek.
Die vaartuig, wat in 2001 gebou is, vaar tans onder die vlag van Malta.
Die skip is 181 meter lank en het 'n breedte van 26 meter. Daar is tans 774 passasiers aan boord.
Dinsdag, 6 Februarie, is verskeie passasiers weer vanaf die skip na die hawe geneem waar hulle dan hul daaglikse ekskursies onderneem.
Die vaartuig was op 13 Januarie ook in Mosselbaai en sal later hul vaart voortsit na Kaapstad.
Tans is die Silver Spirit in Durban nadat sy op 3 Februarie uit Mosselbaai vertrek het. Die Norwegian Dawn en die MSC Splendida is tans in die Richardsbaai omgewing.Die Azamara Persuit buite die hawe van Mosselbaai, Dinsdag 6 Februarie. Foto: Jannie du Plessis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’