MOSSELBAAI NUUS - Gedurende hulle Carols by Candlelight-konsert het Laerskool Park se leerders 220 geskenke ingesamel.
Skoolhoof mnr Du Toit en die hoofleiers van 2018 het die geskenke aan Adel Wright van Solidariteit oorhandig, wat dit onder behoeftige kinders sal versprei oor die Kerstyd.
Park-leerders en -onderwysers het groot waardering vir al die bydraes om van die projek ‘n sukses te maak.
Parkies wys hulle gee om: Adele Wright, Nina van Schalkwyk (hoofdogter), John-Matt le Roux (hoofseun), en mnr Du Toit (skoolhoof).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'