MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Park-leerders het vanaf 7 tot 26 Augustus aan die Mosselbaai Eisteddfod deelgeneem.
Die leerders het in verskeie afdelings pragtig presteer en prestige, ere, goud en silwer toekennings ontvang. Park is baie trots op hierdie leerders.
Verskeie grade het ook aan blokfluit items deelgeneem en die volgende prestasies behaal:
Graad 2 blokfluit ensemble – 88%, graad 3 S blokfluit ensemble – 89%, graad 4 O blokfluit ensemble – 85% en graad 4 O blokfluit ensemble – 84%.
Die musiek goues is soos volg: (voor) Livia Gericke, Kayla Albertyn, Cara Bosman, Bea Potgieter, Zoë Pienaar, (2de ry) Roelindi Pretorius, Rika Delport, Richard Pretorius, Anja Muller, Kayla Kempen, (3de ry) Nina Strydom, Animie Meyer, Jaydee Jansen, Rossouw Gericke, Nicolas Weston, Cate du Plessis, Mienke Vorster, (agter) Cherese Crause, Camilla Vosloo, Ruan van Zyl, Mea Schwab en Phoeboe Janse van Rensburg. Afwesig: Kadin Albertyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'