Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Radikale Redenaars is ‘n skole-redenaarskompetisie waar leerders die geleentheid kry om in verskeidenheid kategorieë, in Afrikaans en/of Engels, te kompeteer.
Vandie jaar het ongeveer 8 000 leerders van meer as 800 skole landswyd deelgeneem.
Agtien leerders van Laerskool Park is na afloop van die uitdunronde, asook die Wes-Kaapse finale ronde gekies om aan die nasionale finaal in Pretoria, gehou op 13 Oktober, deel te neem.
Uitstekende resultate is behaal.
TJ Vorster, Evert Potgieter, Wikus Smit en Johannes Pretorius is as nasionale wenners in die graad 6-groep Afrikaanse redenaars gekroon.
Nog ‘n groep bestaande Zehani Lodewyk, Franko Barkhuizen, Roelindi Pretorius en Fanie Keyser - wen die graad 5-groep Afrikaanse redenaars.
Die graad 7-groep eksperimentele redenaars behaal ‘n derde plek en die graad 2-groep, Afrikaanse redenaars, behaal ‘n vierde plek.
Die graad 5- en graad 6-groepe van Laerskool Park presteer pragtig tydens Radikale redenaars. Albei groepe het nasionaal ‘n eerste plek behaal. Voor: Zehani Lodewyk, Franco Barkhuizen, Fanie Keyser, Roelindi Pretorius. Agter: TJ Vorster, Wikus Smit, Johannes Pretorius, Evert Potgieter.
Individuele prestasies was soos volg:
Fanie Keyser behaal ‘n 2de plek in die graad 5 eksperimentele redenaars.
Uys Keyser behaal ‘n 3de plek in die graad 7 tweetalige redenaars en ‘n 4de plek in die graad 7 eksperimentele redenaars.
Rossouw Gericke behaal ‘n 4de plek in graad 4 Lees: Prosa.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'