MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se verkeersbeamptes het die afgelope Vrydag in samewerking met ander wetstoepassers 'n groot padblokkade op Louis Fourieweg gehou om onder meer voertuie vir padvaardigheid na te gaan.
Dit is een van vele voorstaandienste wat die afgelope maand gehou is.
Benewens padwaardigheid van die voertuie, is die lisensies van beide die voertuie en motoriste vir geldigheid nagegaan en is seker gemaak dat die bestuurders geen uitstaande lasbriewe het nie.
Heelwat meer van hierdie wetstoepassingsinisiatiewe kan voorts verwag word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'