Video
MOSSELBAAI NUUS - ’n Besoeker van Bloemfontein, Jacques van den Heever, het die afgelope Saterdag die Neill Calitz-skietklub se skietkompetisie oorheers toe hy in drie van die vyf items geseëvier het en boonop ’n tweede en sesde plek behaal het.
Die appel val duidelik nie ver van die boom nie, want Jacques is die seun van Bennie van den Heever, ’n topskut van die klub.
Hoewel Jacques met ’n voorgee van 5 geskiet het en sy pa met nul, het Jacques daarin geslaag om sy pa in twee van die items te klop sonder dat die voorgee ingereken hoef te geword het.
Jacques het ’n fantastiese 131/150 in die snelvuurafdeling met die .22 oor 20 m behaal, en in die 10 m tot 20 m -metaalsilhoeëtte-afdeling deel hy die eerste plek met Suzette Herrer.
Albei hierdie skuts het ál vyf die metaalsilhoeëtteikens binne slegs 20 sekondes platgeskiet.
Bennie het ’n uitstekende 99/100 in die 10 m-afdeling geskiet, en Ivan Maddison het net so ’n indrukwekkende telling behaal toe hy 49/50 met die 9 mm oor 10 m geskiet het.
Vir enige navrae oor die skietklub, skakel gerus vir Suzette by 082 478 8090.
Uitslae
• .22 oor 10 m:
1. Jacques van den Heever
2. Bennie van den Heever
3. Gerrie Bester en Suzette Herrer
5. Ivan Maddison
6. Hans Willemse
7. Donovan Day
8. Johan Uys.
• .22 oor 20 m:
1. Bennie van den Heever
2. Jacques van den Heever
3. Gerrie Bester en Suzette Herrer
5. Ivan Maddison
6. Donovan Day
7. Hans Willemse
8. Johan Uys.
• Snelvuur oor 20 m:
1. Jacques van den Heever
2. Bennie van den Heever
3. Suzette Herrer
4. Ivan Maddiosn
5. Hans Willemse
6. Gerrie Bester
7. Donovan Day
8. Johan Uys.
• 10 m tot 20 m -metaalsilhoeëtte:
1. Suzette Herrer en Jacques van den Heever
3. Hans Willemse, Johan Uys en Donovan Day
6. Ivan Maddison
7. Bennie van den Heever
8. Gerrie Bester.
• 9 mm oor 10 m:
1. Ivan Maddison
2. Bennie van den Heever
3. Gerrie Bester en Suzette Herrer
5. Donovan Day
6. Jacques van den Heever
7. Johan Uys
8. Hans Willemse.
Kyk na hierdie video van die skietklub in aksie:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’