MOSSELBAAI NUUS - Honderde pa's en kinders het die Dolfyne se pa-en-kindkamp by Laerskool Hartenbos op Vrydag, 18 Februarie bygewoon.
Die leerders het saam met hulle pa's ketties gemaak en is ook met verskeie glybane en sokkiemusiek vermaak.
Die skool bied jaarliks die kamp op die skoolterrein aan. Indien 'n pa nie die geleentheid kan bywoon nie, mag leerders ook saam met 'n oupa of 'n oom kamp.
Gesinne kan ook leerders wat nie so 'n figuur in hul lewens het nie "aanneem" en saam as 'n groep kamp.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'