GARDEN ROUTE | HESSEQUA NEWS - This week's question was: "If you could change one thing about your town to make it better, what would it be?"
Natasha van Rensburg, Mosselbaai:
"Ek woon nou vyf jaar hier. Ek sou graag die paaie breër wou maak sodat verkeer beter vloei, veral tussen Mosselbaai en Hartenbos. Verder is die dorp tops."
Hennie Lochner, Mossel Bay:
"The plastic bags which seem to be Mossel Bay's most significant N2 landmark are not a reflection of the beauty of the town. It would be good if these could be removed."
Hennie Lochner
Minnie Mostert, Mosselbaai:
"Wat verbeter kan word is die onderste deel van Kerkstraat tot by die museum en Toerisme-kantoor. Duisende toeriste stap daarlangs op na die dorp wanneer die plesierbote hier stop. In Kerkstraat, die sypaadjies en parkeerarea voor die museum is nie 'n goeie advertensie vir Mosselbaai nie."
Minnie Mostert
Pauline Hollis, Stilbaai:
“Ek sou graag meer medemenslikheid in die dorp wou sien. Die pandemie het mense verander en party het baie onvriendelik geword.”
Pauline Hollis
George van den Berg, Jongensfontein:
“Ek sou graag wou sien dat die munisipaliteit ‘n groter bedrag aan Jongensfontein beskikbaar stel vir instandhouding. Die inwoners-vereniging dra bykans alles by.”
George van den Berg
'We bring you the latest Garden Route, Hessequa news'