TUINROETE NUUS - Die Suid-Kaap Oumotorklub het tydens hul onlangse vergadering besluit dat hulle jonger lede wil werf om by die klub aan te sluit. Dié besluit is geneem sodat klublede behulpsaam kan wees om die jonger lede van regte raad en advies te kan voorsien voor die restourering van voertuie.
Dit is nie 'n vereiste dat 'n persoon 'n motor moet besit om 'n lid van die klub te word nie.
Op die onlangse jaarvergadering van die Veteraan Motorvereniging van Suider-Afrika is besluit dat alle voertuie wat tot en met 1997 vervaardig is, nou kwalifiseer om aan klubbyeenkomste deel te neem.
Die Suid-Kaap Oumotorklub sowel as ander motorklubs stel hulle die restourasie en bewaring van ouer-model voertuie ten doel, wat motorfietse, trekkers, bakkies en stilstaande enjins insluit.
Die klub se gebied strek vanaf Swellendam tot by Plettenbergbaai en sover as Beaufort-Wes. Nuwe jong lede hoef geen aansluitingsfooie te betaal nie, slegs normale jaargelde is betaalbaar. Die klubbyeenkomste vind maandeliks plaas.
Enige persone wie belangstel om aan te sluit kan vir Kobus Harris op Mosselbaai skakel by 082 453 1497 of e-pos kobus@harris-scheltema.co.za.
Klublede wil behulpsaam wees om die jonger lede van regte raad en advies te kan voorsien voor die restourering van voertuie.
Die Suid-Kaap Oumotorklub sowel as ander motorklubs stel hulle die restourasie en bewaring van ouer-model voertuie ten doel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'